Nuwe platform vir vroue wat onder geweld ly

Aktivisme op sosiale media het vanjaar ’n groot rol gespeel om kwessies wat vroue raak, op die voorgrond te bring. Uiteindelik word openlik gepraat oor probleme waaroor voorheen net gefluister is. Hierdie gesprekke dra by tot vroue se bemagtiging en is uiters belangrik, maar as dit by geweld teen vroue kom, is daadwerklike optrede al wat ’n verskil sal maak.

For Women is ’n nuwe platform wat organisasies ­– openbaar, privaat asook dié sonder winsoogmerk ­– bymekaarbring wat almal een doel voor oë het: om geweld teen vroue hok te slaan. Die platform wil verseker dat hulp en bystand onmiddellik aan slagoffers beskikbaar is. For Women stel nie net die korporatiewe sektor nie, maar ook gewone Suid-Afrikaners in staat om hul stem dik te maak teen geweld teen vroue.

Die inisiatief, in samewerking met die netwerk vir vrywillige en geldelike ondersteuning aan verdienstelike sake forgood.co.za, is deur 1st for Women van stapel gestuur. Dié versekeraar vir vroue het die afgelope 12 jaar al meer as R56 miljoen geskenk aan organisasies wat hulle beywer teen geweld teen vroue.

Die platform steun op drie sleutelpilare:

1. Om die veelvuldige, dikwels oorvleuelende oorsake van geweld teen vroue te takel ten einde dit te voorkom
2.Om vroue toe te rus met die nodige om die euwel te bowe te kom (voorberei)
3. Om slagoffers by te staan op die pad vorentoe (versorg)

Susan Shabangu, minister in die presidensie belas met vrouesake, het die inisiatief verwelkom.

Dis tyd dat die samelewing hande vat teen geweld teen vroue. As ’n handelsmerk gemik op vroue is 1st for Women daartoe verbind om ’n verskil te maak in hierdie belangrike stryd.

Vir meer inligting oor For Women en die betrokke organisasies, besoek www.for-women.co.za.

1st for Women wil jou help om altyd reg te wees. Dit is hoekom ons vir SARIE-lesers die kans gee om R15 000 te wen! Vul jou naam en kontakbesonderhede hier onder in om in aanmerking te kom met die wenprys:

FDV 15261. B’s & V’s geld.

CAPTCHA